Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In

Quick Launch

Hoop > Nuus > Posts > HOOP Week vieringe skop af
April 26
HOOP Week vieringe skop af

​Studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het die HOOP Week vieringe op Dinsdag, 10 April, afgeskop met boodskappe van hoop geskryf op swartborde by die Rooiplein op die Stellenbosch-kampus.Hope_message_1.jpg

Die Universiteit self, verskeie van die akademiese inisiatiewe onder die HOOP Projek-vaandel én Matie-studente sal verskeie ander vieringsgeleenthede oor die volgende paar dae aanbied as deel van HOOP Week.

Verbygangers is gevra om 'n boodskap van hoop op die swartborde te skryf of om die sin te voltooi, "Ek hoop om eendag ..." Boodskappe het gewissel van ernstige aspirasies - "Om 'n verskil te maak," "Bekend te wees," "Om 'n boek te publiseer," "Renosters te red," tot filosofies - "Hoop is om te glo en om te glo is om te streef na iets besonders," en ook snaaks - "Dat Miley Cyrus my meisie word.".

Volgens Kai Howie, deel van die Studenteraad (SR) komitee wat Dinsdag se HOOP-viering aktiwiteit gereël het, is die idee om bewustheid van die Universiteit se HOOP Projek te skep en om studente te laat nadink oor wat hoop is. Die HOOP Projek, in Julie 2010 van stapel gestuur, is ʼn kampuswye inisiatief waardeur die Universiteit sy onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie inspan om volhoubare oplossings te vind vir sommige van Suid-Afrika en Afrika se strafste uitdagings.

"Sedert die bekendstelling van die HOOP Projek in 2010 het ons akademiese inisiatiewe wye erkenning geniet; ons prestasies en kundigheid is opgeteken in wetenskaplike en populêre media, en ons sien reeds die tasbare verskil wat die HOOP Projek in gemeenskappe maak deur ons wetenskap-vir-ʼn-beter-wêreld-benadering," sê prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier.

Die internet entrepreneur en waagkapitaal spesialis en ontvanger van ʼn eregraad van die US, Roelof Botha, spreek die publiek, personeel en studente op Dinsdag 10 April toe. Op Woensdag 11 April is daar ʼn geleentheid vir personeel om in die etensuur na uitstallings van die HOOP-inisiatiewe in die Konservatorium te kyk. Prof Botman sal by dié geleentheid as spreker optree. Woensdagaand sal prof Botman by 'n gala-geleentheid die volgende fase van die HOOP Projek toelig.

  • Onderskrif: Tweedejaar BSc student, Kelvin Mpofu, skryf sy boodskap. (Foto: Sonika Lamprecht)​

Comments

There are no comments for this post.