Nuus: Posts

Plaaslike skole vind baat by US rekenaars
Body:

​Die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese (EE) in samewerking met Matie Gemeenskapsdiens (MGD) en Inligtingstegnologie (IT), het Maandag 3 Junie 'n totaal van 86 rekenaars aan verskeie skole geskenk.

Die ontvangers, Stellenzicht Sekondêr, Weber Gedenk Primêre Skool, Raithby Primêre Skool, sowel as die Middelvlei Plaasskool-nasorgprogram, is skole waar studente van die US reeds aktief betrokke is as deel van MGD se Eenstopdiens-projekte, sê mnr Gareth Cornelissen, hoof van MGD.

MGD, een van die US se Gemeenskapsinteraksie Vlagskipprojekte en ook 'n HOOP Projek-inisiatief, voorsien in die behoeftes van gemeenskappe binne en buite Stellenbosch en is nou al vir 49 jaar lank 'n betroubare diensverskaffer. Die Eenstopdiens vorm deel van hierdie dienste en lei studentegroepe op om in vennootskap met gevestigde nie-winsgewende organisasies volhoubare, doeltreffende gemeenskapsdiens projekte te lewer. Die Eenstopdiensprojekte het verskillende fokuspunte en hanteer kwessies soos leerhulp, die ontwikkeling van lewensvaardighede, sportafrigting, die bevordering van kuns en kultuur, en gesondheidsorg.

Me Michelle Pietersen, Senior Projekbestuurder van die Eenstopdiens, het by 'n vorige geleentheid gesê daar is ongeveer 1200 vrywilligers in die program tussen die Tygerberg- en Stellenbosch-kampusse, wat meer as 3 000 mense bevoordeel.

Prof Thomas Jones, hoof van die EE Departement, het gesê sy departement was maar slegs een van vele rolspelers wat deel gehad het in die skenking van die rekenaars. "Ons voorgraadse elektroniese laboratoriums is toegerus met ongeveer 180 moderne rekenaars. Ons rekenaars moet in staat wees om te werk met ingewikkelde en intensiewe simulasiesagteware wat deur ons studente gebruik word. As sodanig, wanneer ons gedwing word om ons rekenaars te hernu en te vervang, is hierdie rekenaars inderdaad nog baie nuttig vir ander persone.

"Na 'n onlangse opgradering het ons besef dit sou 'n skande wees om die rekenaars verlore te laat gaan. Ons het toe besluit om MGD sowel as IT te kontak om ons te help om die rekenaars te versprei aan skole wat 'n behoefte het aan sulke toerusting. IT het hulself uitstekend van hul taak gekwyt deur die rekenaars op te knap terwyl MGD die skole geïdentifiseer het. Die onderskeie personeellede was gretig om te help want hulle het die waarde van hierdie poging besef."

Volgens prof Jones sal hulle beslis weer in die toekoms rekenaars skenk. "Ons vernuwe gereeld ons laboratoriumrekenaars en sal beslis die rekenaars op dieselfde manier skenk. Dit is 'n goeie voorbeeld van US-entiteite wat saamwerk tot voordeel van ons gemeenskappe. Hierdie soort inisiatief is goed vir ons gemeenskappe en vir ons universiteit want ons help om rekenaar fasiliteite by ons plaaslike skole te verbeter terwyl skole op hul beurt leerders kan toerus en voorberei op die uitdagende tegniese programme hier by die US. Beslis 'n wen-wen situasie vir almal."

Mnr Lester Allies, skoolhoof van Stellenzicht Sekondêr, het gesê hulle het beslis 'n behoefte en waardeer altyd toerusting wat in 'n goeie werkende toestand is. "Hierdie rekenaars kom op 'n welkome tyd en sal beslis goed aangewend word."

Foto: Mnr Lester Allies, hoof van Stellenzicht Sekondêr en mnr Gareth Cornelissen, hoof van MGD is hier saam met drie Stellenzicht leerders.

Category: Matie Gemeenskapsdiens; Funksie

Published: 2013/06/10 09:10 AM

Abstract: ​Die US se Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese in samewerking met Matie Gemeenskapsdiens en Inligtingstegnologie, het onlangs 'n totaal van 86 rekenaars aan verskeie skole geskenk.

Rollup Image:

Topnavorsers beloon vir hoë publikasie-uitsette
Body:

​Die Universiteit Stellenbosch (US), Afrika se navorsingsleier, het Dinsdag 4 Junie erkenning aan van sy mees produktiewe navorsers verleen deur middel van nuwe aansporingspryse.

Altesaam 39 personeellede (sien volledige lys onder) is beloon vir uitnemende navorsing. Hulle het die grootste bydrae gemaak tot die US se totale aantal geakkrediteerde publikasies in 2011, die mees onlangse jaar waarvoor geouditeerde publikasiestatistiek ten tye van die beoordeling beskikbaar was.

Kategorie 1 was die 25 US-navorsers wat die grootste bydrae gelewer het ten opsigte van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) se publikasie-eenhede. Kategorie 2 was die 25 US-navorsers wat die grootste aantal navorsingspublikasies geproduseer het in samewerking met hul nasionale en internasionale navorsingsvennote en studente.

Elkeen het R50 000 as aansporing vir verdere navorsing ontvang, met ŉ bykomende R50 000 aan 11 van die navorsers wat aan albei beoordelingskriteria voldoen het. Slegs navorsingspublikasies wat in DHOO-geakkrediteerde vaktydskrifte, kongresverrigtinge of boeke verskyn het, is in ag geneem.

Die aankondiging is tydens 'n geleentheid by die Lanzerac-landgoed in Stellenbosch gedoen. Prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die US, het die groep gelukgewens met hul prestasie.

"Dankie vir jul bydrae. In ons nuwe Visie 2030 sê ons die US wil by uitstek ŉ innoverende universiteit wees – ŉ plek waar navorsing en kennis en tegnologie na die volgende vlakke geneem word. Julle gee die pas aan."

Prof Eugene Cloete, viserektor vir navorsing en innovasie, het vooraf in ŉ skrywe uitgewys navorsingspublikasies is een van die belangrikste produkte wat deur US-navorsers gelewer word. Dit verhoog die Universiteit se internasionale aansien en wys dat hier nuwe kennis gegenereer word.

Die US is vanjaar die vierde opeenvolgende keer deur die DHOO aangewys as die universiteit met die hoogste geweegde navorsingsuitset per voltydse akademiese personeellid in die land. Die afgelope drie jaar is die US ook herhaaldelik opgeneem in vier ranglyste van die wêreld se voorste universiteite.

Volgens Cloete maak publikasie nie net die toepassing van navorsingsresultate moontlik nie, maar dra gepubliseerde navorsing ook by tot die subsidie wat universiteite jaarliks van die staat ontvang.

"Navorsers wat hul bevindinge in vakkundige bronne van gehalte publiseer, word met goeie rede beskou as een van die belangrikste bates aan enige universiteit. Ek ag dit my verantwoordelikheid en voorreg om erkenning te kan gee aan ons toppresteerders in dié verband."

Die toekennings is tans slegs gemik op personeel wat gewone posisies beklee binne 'n akademiese departement, en nie op akademici wat reeds by navorsingsleerstoele en sentra van uitnemendheid betrokke is nie.

"Die rede hiervoor is 'n beperkte begroting, en die feit dat laasgenoemde groep reeds in omgewings werk waar daar meer geredelik navorsingsfondse beskikbaar is," het Cloete gesê.

Prof Ashraf Kagee van die Departement Sielkunde in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het gesê hy is baie dankbaar vir die toekenning: "Dis ŉ aanduiding van die erns waarmee die Universiteit navorsing bejeën en ondersteun."

Prof Johan Cilliers van die Departement Praktiese Teologie en Missiologie in die Fakulteit Teologie meen die geheim is ŉ passie vir jou navorsingsveld. "Vir my is navorsing nie werk nie; dis soos poeding eet – verskriklik lekker. Jy stoot ruimtes oop wat jy nie gedink het bestaan nie, en jy ontdek nuwe goed."

Prof Louw Hoffman van die Departement Veekundige Wetenskappe in die Fakulteit AgriWetenskappe stem saam. "Ek put geweldige bevrediging uit my werk. Hierdie toekenning gee my nou verdere aansporing om nog ŉ paar aande laat te werk."

Prof Juanita Pienaar van die Departement Privaatreg in die Fakulteit Regsgeleerdheid het gesê: "Dit verg redelike beplanning om baie te kan publiseer. En jy moet elke geleentheid benut. As jy hier ŉ paar uur en daar ŉ halwe week vir navorsing kan inruim, doen dit."

Cloete het gesê die aansporingspryse vir navorsing gaan nou jaarliks toegeken word. Daar word ook uitbreidings beoog. "Ons kyk na ŉ kategorie vir navorsers jonger as 40, en na die erkenning van ander uitsette as publikasies."

Botman het die hoop uitgespreek dat die toekennings as aansporing vir ander navorsers sal dien.

"Ek sou 80% van wat ek in die akademie bereik het, nie kon doen as dit nie vir [my mentors] Jaap du Randt en Dirkie Smit was nie. Hulle sou sê, 'Daar is ŉ konferensie in Johannesburg – wat is jou tema?' En dan begin jy net dink en werk. Dit is die goed wat jou selfvertroue gee – as daar ander mense is wat uitkyk vir jou."

Die volgende persone het op 4 Junie 2013 toekennings vir hul 2011 publikasie-uitsette ontvang (* dui diegene aan wat in albei kategorieë val):

Akdogan, G (Prosesingenieurswese)
Bitzer, EM (Kurrikulumstudie)
Cilliers, JH (Praktiese Teologie en Missiologie)
Cornelissen, S (Politieke Wetenskap)
Cotton, MF (Pediatrie en Kindergesondheid)*
De Villiers, AJ (Chemie en Polimeerwetenskap)
Diacon, AH (Geneeskundige Fisiologie)
Dzama, K (Veekundige Wetenskappe)*
Havenga, JH (Logistiek)*
Hesseling, AC (Pediatrie en Kindergesondheid)
Hoffman, LC (Veekundige Wetenskappe)
Kagee, SA (Sielkunde)*
Kling, S (Pediatrie en Kindergesondheid)
Knoetze, JH (Prosesingenieurswese)
Le Grange, LLL (Kurrikulumstudie)
Mouton, H du T (Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese)
Ndlovu, MC (Kurrikulumstudie)
Nell, IA (Praktiese Teologie en Missiologie)
Pienaar, JM (Privaatreg)
Pienaar, WJ (Logistiek)
Plaatjies-van Huffel, MA (Sistematiese Teologie en Ekklesiologie)
Prodinger, H (Wiskunde)*
Punt, J (Ou en Nuwe Testament)*
Quinot, G (Publiekreg)
Rabe, L (Joernalistiek)
Rabie, H (Pediatrie en Kindergesondheid)
Reader, HC (Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese)
Robinson, TJ (Plant- en Dierkunde)
Samways, MJ (Bewaringsekologie en Entomologie)*
Schaaf, HS (Pediatrie en Kindergesondheid)
Scheffer, C (Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese)
Slabbert, M (Engels)
Swartz, L (Sielkunde)*
Terblanche, JS (Bewaringsekologie en Entomologie)*
Terblanche, NS (Ondernemingsbestuur)*
Waghid, Y (Opvoedingsbeleidstudie)
Wagner, S (Wiskunde)*
Walzl, G (Molekulêre Biologie en Mensgenetika)
Warren, RM (Molekulêre Biologie en Mensgenetika)

Foto: Van links, lig proff Howard Reader (Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese), Eugene Cloete (viserektor), Russel Botman (rektor), Louise Warnich (AgriWetenskappe) en Ashraf Kagee (Sielkunde) hul glase op navorsingsukses aan die US. Foto: MARYKE HUNTER-HÜSSELMANN​

Category: Funksie; Personeelsukses

Published: 2013/06/07 09:31 AM

Abstract: Die Universiteit Stellenbosch, Afrika se navorsingsleier, het onlangs erkenning aan van sy mees produktiewe navorsers verleen deur middel van nuwe aansporingspryse.

Rollup Image: