| Ons moet almal saamstaan om geweld teen vroue te bekamp. Dít was die boodskap van sprekers by ʼn konferensie van die Circle of Concerned African Women Theologians wat Vrydag (4 Mei) by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) gehou is.
Die konferensie met die tema Gender and Education het deel gevorm van die fakulteit se HOOP Projek-inisiatief Fokus op die Bevordering van Menswaardigheid.
Me Elizabeth Petersen van die South African Faith and Family Institute het gesê kerkleiers, geloofgemeenskappe en nie-regeringsorganisasies moet saamwerk om geweld teen vroue te keer. Samewerking tussen die groepe kan ʼn ruimte help skep waarbinne vroue met vrymoedigheid oor geweld teen hulle kan praat, het sy bygevoeg.
Prof Julie Claassens van die US se Fakulteit Teologie het die manier waarop mans en vroue in die media uitgebeeld word gekritiseer en gesê dit versterk die siening dat manlikheid dominansie en geweld veronderstel.
“Daar moet eerder gefokus word op alternatiewe vorme van manlikheid wat deernis en medelye vir ander mense insluit, en nie net op brute krag fokus nie.”
Volgens dr Gerrit Brand, ook van die Fakulteit Teologie, dra heersende sieninge van manlikheid by tot geweld teen vroue. Die bemagtiging van vroue in veral die werkplek is een van die maniere om sulke beskouinge uit te daag, het hy gesê.
“Ons het ʼn fantastiese Grondwet en goeie wetgewing, maar min word gedoen om geweld teen vroue hok te slaan,” het me Ilse Ahrends van die Saartjie Baartman Sentrum vir Vroue en Kinders, gesê. Sy meen mans wat geweld teen vroue pleeg wil mag en beheer uitoefen en hul eie onsekerhede verbloem.
Dr Charlene van der Walt, verbonde aan die Nederduits-Gereformeerde Kerk in Maitland, het gesê die idee dat geweld konflik oplos, dra daartoe by dat sommige mans hul vroue slaan.
- Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, onder wie se vaandel die konferensie gehou is, bied einde November ʼn konferensie aan met die tema Towards histories of South African intellectual traditions – the histories and life trajectories of coloured / ‘coloured’/ intellectuals.
|
| Dit is tyd dat ons elkeen verantwoordelikheid neem vir die toenemend swak toestand van ons waterbronne, en dat ons elkeen ons klein deeltjie bydrae om te help met die bewaring daarvan. Dit het nie net ‘n invloed op hoeveel water tot ons beskikking is nie, maar ook op die verspreiding van siektes.
Dit was die boodskap van dr Jo Barnes van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se Afdeling Gemeenskapsgesondheid. Sy was die spreker tydens die derde Waterseminaar van die Universiteit Stellenbosch Waterinstituut, wat tydens die vieringe van HOOP Week gehou is.
Dr Barnes het in haar praatjie veral gefokus op die impak wat informele nedersettings, swak ontwerpte laekoste-behuisingskemas en die landbousektor het op die vlakke van sanitasie en waterbesoedeling in ons nedersettings, dorpe en riviere.
Sy het gesê groter samewerking tussen die verskillende liggame wat met watergebruik- en bewaring werksaam is, is noodsaaklik.
Daarby kan elke Suid-Afrikaner ook sy of haar deeltjie doen om ons waterhulpbronne te bewaar.
Sy het die volgende wenke voorgestel:
- Spaar water waar moontlik.
- Gebruik omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels.
- Herwin huishoudelike afval, of verwyder dit op goedgekeurde maniere.
- Moenie rommel strooi nie.
- Meld alle dreine aan wat verstop is of oorloop, en volg die stand daarvan op waar moontlik.
- Moenie reënwater of stormwater in riooldreine herkanaliseer nie.
- Moenie skadelike chemikalieë (soos olie en verf) in 'n drein afgooi nie.
- Herwin slegs jou huishoudelike afvalwater direk na jou tuin as jy dit eers veilig kan behandel.
|
| Die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Menslike Prestasiewetenskappe het ’n nuwe projek in vennootskap met TimeTronics, die wêreld se voorste kommersiële verskaffer van atletiektydtoerusting, van stapel gestuur.
Die projek is bekend as die Suider-Afrikaanse naelloopprojek, en beoog om naellopers en hekkiesatlete hul wegspring-, versnellings- en hardlooptegnieke oor afstande van tot 400 m te help verbeter. Met behulp van ’n unieke kombinasie van kragsensitiewe wegspringblokke, lasertredhoutoerusting en hoëspoedkameras word ’n presiese prestasieprofiel van elke atleet met spesiale sagteware bereken. Onmiddellike visuele terugvoer sowel as uitvoerige skriftelike verslae word voorsien sodat die afrigter kan bepaal watter soort veranderinge in tegniek en/of afrigting nodig is om die atleet se baanprestasie te verbeter.
Hierdie voorpunttegnologie is aanvanklik deur biomeganici en afrigters by die Katolieke Universiteit van Leuven in België ontwerp, waarna TimeTronics dit verder ontwikkel het in wat vandag as die FAST- (“Force, Acceleration, Speed, Time”-) stelsel bekend is. Slegs drie ander naelloopafrigtingsentra ter wêreld (in China, België en Nederland) beskik oor hierdie ultramoderne tegnologie, en onlangse gebruikers van die stelsel sluit in naellopers soos Usain Bolt (Jamaika) en Dwain Chambers (Groot-Brittanje). Die US se Sentrum vir Menslike Prestasiewetenskappe is die enigste fasiliteit in Afrika wat FAST-stelselontledings kan onderneem.
Volgens Gareth Paterson, ’n sporttegnoloog verbonde aan die projek by die Sentrum, is die FAST-stelsel ontwikkel "om die gaping te oorbrug tussen afrigters en daardie wetenskaplikes wat data van gehalte en wetenskaplike prestasieontledings kan lewer. Die inligting wat aan atlete en afrigters verstrek word, is onmiddellik en hou regstreeks verband met die verbetering van snelheid en versnelling gedurende naellope".
Die stelsel bestaan uit twee afdelings. Die eerste is die hipertegnologiese wegspringblokke wat 'n aantal prestasiefaktore meet wat naellopers se wegspringaksie kan beïnvloed, soos die algehele tydsduur van die wegspringaksie, reaksietyd op die linker- en regterbeenwegspring, voorafspanning op die linker- en regterblok in die 'gereed'-posisie, die maksimum krag wat die bene op die linker- en regterblok uitoefen, en snelheid sowel as versnelling uit die blokke.
Die tweede afdeling behels 'n ultramoderne laser, baie soos 'n spoedradarpistool, wat agter die atleet opgestel word.
"Die laser meet 'n verstommende aantal parameters gedurende ’n wedloop," sê mnr Paterson.
Snelheid en versnelling word bereken op grond van die posisie-tyd-data van 'n laserstraal wat op die atleet se lae rug gestel is en 400 laserposisioneringsmetings per sekonde bied.
"Dit bied ons akkurate lesings tot op die laaste millimeter vir verskeie parameters," sê mnr Paterson. Dít sluit in die presiese snelheid in 5 m-intervalle vanaf die eerste 5 m (meter per sekonde) tot aan die einde van die wedloop; versnelling tussen elke 5 m-interval; akkurate tydsduur van elke 5 m-interval; die hoogste snelheid gedurende die wedloop; die afstand waarop die hoogste snelheid bereik word, en natuurlik die atleet se treetempo en -lengte oor die hele wedloop.
Die stelsel is volledig verplaasbaar en padlangse besoeke aan Namibië en Botswana word vir later vanjaar beplan.
Die Sentrum vir Menslike Prestasiewetenskappe onderneem die meeste van sy FAST-beoordeling- en -ontledingsessies in vennootskap met Maties Atletiek op die baan by Coetzenburg-stadion. Skoolkinders, Olimpiese en Paralimpiese aspirant-atlete en besoekende internasionale naellopers van Groot-Brittanje, Duitsland en België is onder diegene wat in die afgelope paar maande daar getoets is.
Die FAST-stelsel is ook die afgelope tyd op ’n paar opwindende maniere aangewend as deel van die US se HOOP Projek en die verbintenis om die groter gemeenskap uit tegnologie te laat voordeel trek.
Nabeela Parker, ’n belowende jong plaaslike naelloper, en haar afrigter het byvoorbeeld met die FAST-stelsel begin oefen. Binne vier weke het sy haar gewone 100 m-tyd van meer as 12 sekondes tot 11,78 sekondes verbeter – die vinnigste wat ’n Suid-Afrikaanse vrou dié afstand al vanjaar afgelê het. Volgens Mohamed Ally, naelloopafrigter by Maties Atletiek en tegniese raadgewer vir die projek, was daar “’n paar kwessies met haar wegspring sowel as haar wedloopbeplanning. Binne die bestek van ’n enkele FAST-sessie het ons egter ’n ongelooflike hoeveelheid inligting ingesamel. Met die wegspring- en lasergebaseerde metings van die FAST-ontleding kon ons swakpunte in sowel haar wegspringbeweging as die wedloop self uitwys, terwyl ons met die hoëspoedkameras op haar tegniek kon konsentreer”.
Die FAST-beoordelingstelsel hou ook voordele in vir atlete wat van beserings herstel en weer op dreef probeer kom. Die Namibiër Merlin Diamond, aspirant- Olimpiese 100 m-atleet, het die Sentrum vir ’n week lange sessie van FAST-beoordeling en -afrigting besoek. Mnr Sean Surmon, krag- en kondisioneringspesialis vir die projek, het met Ally saamgewerk om te bepaal hoe hulle Merlin kan help. Hy sê: “Met die FAST-ontleding kan ons aan die begin reeds kwessies uitwys wat rehabilitasie verg, soos kragverskille in bene, verskille in reaksietyd of probleme met kragproduksie. Die FAST-stelsel bied ons die geleentheid om bewysgegronde krag- en kondisioneringsprogramme te ontwerp en te lewer wat spesifiek vir elke atleet pasgemaak is.”
“Afrigters behoort die FAST-stelsel as ’n instrument te beskou,” sê Ally. “Die wonder van hierdie tegnologie,” sê hy, “is dat FAST-ontledingsblokke en -lasertegnologie ons presies sê wat met ’n naelloper se prestasie aangaan, terwyl die hoëspoedkameras ons insig bied in die moontlike oorsake van enige probleme. Al hierdie inligting word dan saam met die afrigter deurgewerk, wat dan op grond van sy/haar persoonlike kennis van die atleet kan besluit watter soort aanpassings raadsaam is.”
“Ons probeer hierdie soort sporttegnologie aan soveel moontlik naellopers en hekkiesatlete beskikbaar stel,” sê Paterson. Die Suider-Afrikaanse naelloopprojek is daartoe verbind om atlete van oor die hele streek te help toerus sodat hulle realistiese medaljeverwagtinge van die Olimpiese en Paralimpiese Spele van 2016 en 2020 kan koester. Ons moedig graag afrigters, ouers en atlete aan wat in ’n FAST-ontleding sou belang stel, om met ons in aanraking te kom.”
Onderskrif: Merlin Diamond (Namibië) en Mohamed Ally (Maties Atletiek) kyk na beeldmateriaal van Merlin se naellooptegniek wat die hoëspoed- digitale kameras opgeneem het. Foto: Liz Bressan
|
| Studente en studenteleiers het onlangs (14 April) by die amaMaties Hub bymekaargekom om voor te berei vir die Nuwe Hoop Beraad wat in Augustus plaasvind. Hierdie jaar se beraad word deur die Universiteit van Kaapstad gereël en fokus op die uitdagings wat hoëronderwys in Suid-Afrika in die gesig staar.
Die Nuwe Hoop Beraad is ʼn inisiatief van studente in die Wes-Kaap om in gesprek te tree oor kwessies soos rassisme, transformasie, integrasie en taal. Besprekingsgroepe word by die beraad gevorm en gelei deur 30 fasiliteerders van die ses deelnemende universiteite en kolleges.
Dr Leslie van Rooi, Hoof van die Frederik Van Zyl Slabbert (FVZS) Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling, het die diverse groep studente wat vir die beraad voorberei toegespreek en beroep op hulle gedoen om anders te dink oor die moontlikhede wat studenteleierskap inhou om Suid-Afrika te verbeter. Van Rooi het die beraad beskryf as ʼn geleentheid vir studente om te dink oor hul “rol in die samelewing via studenteleierskap en deelname in die verwerkliking van hul visie vir die samelewing.”
- (Volledige berig in Afrikaans volg.)
It is not a coincidence that the preparations for the New Hope Summit are taking placing during the celebration of the HOPE Project’s successes. The summit is a joint project of the Student Representative Council (SRC) and the FVSZ Institute, one of the initiatives in the broader HOPE Project aiming to cultivate student leadership. The focus of the New Hope Summit also ties in with the HOPE Project’s core functions of teaching and learning, research and community interaction.
Through interacting with the other higher education institutions in the region at the New Hope Summit, students spread the HOPE Project’s values and goals beyond Stellenbosch. The number of participants in this year’s summit has increased to include UCT, UWC, Boland College, False Bay College and the Cape Peninsula University of Technology (CPUT). SRC members from the above institutions will serve as facilitators for the discussion groups at the summit. Participants at the summit are expected to draft a document with proposals for the Department of Higher Education and Training regarding the Green Paper for Post-School Education and Training.
Critical thinking and community interaction were emphasised during the information sessions, with Van Rooi stressing the New Hope Summit’s continuous role in shedding light on the issues and opportunities in the country.
In welcoming the students, Simoné Nortman, the SRC’s HOPE Project liaison and member for Leadership Development, called upon them to be active role-players and seek to improve higher education in South Africa. Louis van der Riet, SRC vice chair, introduced the HOPE Project to the multi-campus group assembled and presented a video sharing the project’s initiatives and successes. Van der Riet encouraged those present to share in their ideas and thoughts in preparation for the New Hope Summit.
According to Nortman the HOPE Project is still a vague idea for many students on campus and explained the project’s objectives as “taking our research and interaction to improve the community and the continent.” The aim is to provide Hope for Africa, from Africa and Nortman made clear the intention to expand the HOPE Project’s initiatives beyond Stellenbosch University and taking the summit beyond the Western Cape.
It is the opportunity to transcend mere discussion that draws some students to the summit as delegates. Cathy Wood, former SRC member for Transformation, shared her experiences at the previous summits and the appeal for those who want to “practically change things, not just discuss issues” and present solutions to the government and community.
Students drew from their own experiences as motivation to apply. Jo-Ann Bate, TSR member and medical student, recalled the experience interacting with patients during community service and their need for access to higher education as they “see no future for themselves”. Kylie Hoffman, a student in the LLL Media House, attended the summit in 2011 and decided to apply as a delegate this year because the New Hope Summit provides opportunities for discussion and cooperation.
Marnus Havenga, one of the coordinators from the Stellenbosch SRC, described the summit’s development as a learning curve, while the prospect of the six educational institutions coming together in discussion is encouraging. Havenga reminded the students that it is “difficult to facilitate change, but it is possible to start with ideas and that’s why we are here.”
|
| “Dis ongelooflik hoe dinge ontplooi het en ons suksesse is fenomenaal. Ek wil elkeen gelukwens wat bygedra het om die HOOP Projek 'n sukses te maak.”
Dit was die boodskap van prof Arnold Schoonwinkel, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, aan fakulteitspersoneel by ʼn terugvoersessie oor die impak van die HOOP Projek. Die geleentheid het deel gevorm van HOOP Week – ʼn viering van die suksesse van die HOOP Projek. Die HOOP Projek is ʼn kampuswye inisiatief waardeur die Universiteit sy onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie inspan om volhoubare oplossings te vind vir sommige van Suid-Afrika en Afrika se strafste uitdagings.
Ingenieurswese se navorsingsinisiatiewe wat betref die HOOP Projek is op die terreine van Energie en die Omgewing, Kommunikasie en Inligtingstelsels, en Voedselsekerheid, en behels bykans veertig projekte onder dié temas.
Die sukses van die HOOP Projek kan gesien word in die lewering van nagraadse studente wat onder die HOOP Projek-banier studeer. Tussen 2009 en 2011 is 191 M-inskrywings belowe, terwyl daar in werklikheid 287 inskrywings was. Op PhD-vlak is 59 inskrywings beoog, terwyl 90 ingeskryf het. Meestersgrade wat verwerf is, was 164 in vergelyking met die 127 wat beloof is. Vyf-en-twintig doktorsgrade is toegeken teenoor die 17 wat in die vooruitsig gestel is. Ook publikasie-uitsette wat uit die HOOP Projek-navorsing gespruit het, is indrukwekkend. Dit sluit 146 joernaalartikels en 347 bydraes by konferensies in.
Die US Raad het R52,66 miljoen saadgeld aan Ingenieurswese vir die HOOP inisiatief toegeken. Iets waarop die Fakulteit besonder trots is, is dat dit die industrie kon aanspoor om ʼn bykomende R77,06 miljoen tot hierdie inisiatief by te dra.
Alles in aggenome is die opbrengs op die US Raad se belegging in Ingenieurswese se navorsingsinisiatiewe ongeveer 350%.
Vier navorsers het hul projekte by die geleentheid met personeel gedeel. Die projekte het gehandel oor onder andere telemedisyne; die gebruik van onbemande vliegtuie in die monitering van hulpbronne, rampbestuur en sekuriteit; volhoubare boumateriale; en die gebruik van plantmateriale om biobrandstof te vervaardig. Uit al die aanbiedings was dit duidelik dat die Fakulteit se navorsing 'n groot impak op mense, die land en die wêreld kan hê.
Prof Schoonwinkel het afgesluit: “Julle kan sien ons doen goeie navorsing gekoppel aan regte probleme wat kennis produseer het. Navorsers en ondersteuningspersoneel: julle skep Hoop! Ek is uiters trots op Ingenieurswese se poging om HOOP te bring.” |
| Die Universiteit Stellenbosch (US) se betrokkenheid by die plaasgemeenskap van die wynlandgoed Middelvlei in Onderpapegaaiberg in Stellenbosch is gister (12 April 2012) betekenisvol uitgebrei met die bekendstelling van ʼn dinamiese groentetuinprojek.
Dié gemeenskapsinteraksieprojek vorm deel van die Universiteit se HOOP Week wat hierdie week op kampus gehou word. HOOP Week is ter viering van die suksesse van die US se HOOP Projek - ʼn kampuswye inisiatief waardeur die Universiteit sy onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie inspan om volhoubare oplossings te vind vir sommige van Suid-Afrika en Afrika se strafste uitdagings.
Die US is die afgelope drie jaar betrokke by ʼn verskeidenheid projekte op die plaas. Die vrouekoshuise Harmonie en Monica het verlede jaar ʼn naskoolprogram op die plaas begin en talle Maatskaplikewerkstudente werk met kinders in die omgewing.
Die groentetuinprojek is geloods in samewerking met die bekende Stellenbosse maatskappy, Distell.
Volgens Michelle Pietersen, Programbestuurder van Maties Gemeenskapsdiens (MGD) se Een-Stopdiens, het Distell met Maties Gemeenskapsdiens kontak gemaak en gevra vir voorstelle vir gemeenskapsinteraksieprojekte waarby hulle kon aansluit. Sy is optimisties oor Distell se betrokkenheid in hierdie projek en sy hoop dat student deur dié projek by van Distell se ander gemeenskapsinteraksieprojekte sal kan inskakel.
Sarel Meyer, Distell se Algemene Bestuurder vir Besigheidverbetering, is verantwoordelik vir die maatskappy se betrokkenheid in de groentetuinprojek en is ook baie positief oor wat voorlê. Volgens hom, sal lede van Distell se personeel een keer ’n maand Middelvlei besoek en met die tuin uithelp.
“Ons wou nie ’n projek hê waar ons net vir een of twee maande betrokke sou wees nie. Ons wou ’n lang-termyn ding hê. Ons wil nog ’n lang pad met hierdie mense stap en ek dink dit gaan met hierdie projek gebeur,” sê Meyer.
Gister se projekloodsing het uit twee dele bestaan. Vir die eerste deel van die projek het lede van die Departement Drama aan die US se interaktiewe teater-klas tyd saam met die kinders van die Middelvlei-gemeenskap spandeer.
Simoné Nortmann, HOOP Projek Skakel en Studenteraadslid vir Leierskapsontwikkeling, was die doel van dié sessie om die kinders te leer “hoe om onkruid uit jou lewe uit te trek” en wat om te doen as iemand gemeen teenoor hulle is. Vir die tweede deel van die projek het die kinders by Distell personeel en lede van die SR in die tuin aangesluit en geleer hoe om groete te plant.
Onderskrif: Personeel van die Universiteit Stellenbosch en Distell en Matie-studente aan die werk in die groentetuinetable garden (Foto: Justin Alberts)
|
| Die strelende jazz-klanke van "Hip Hope Jam", spesiaal geskryf vir Hoop Inspireer – Rap, Poetry & jazz,ʼn buitelug geleentheid wat deel vorm van die vieringe van die suksesse van die HOOP Projek hierdie week op kampus, het ʼn entoesiastiese reaksie van hul gehoor Donderdag (12 April 2012) in die Bib Gaatjie op die Rooiplein ontlok.
Die geleentheid, onder ʼn bloedwarm son, het ʼn vars versameling van rap, gesproke digkuns en jazz musiek deur talentvolle Maties ten toon gestel.
Hip Hope Jam is geskryf deur lede van die basspeler Joshua Prinsloo se jazz band bestaande uit ʼn baskitaar, klawerbord, dromme, saxofoon en tromboon. Die gesprokedigkunsgroep AWAY – ʼn akroniem vir die name van die groepslede, Allison, Wakhle, Axolile en Yanga – het later by hulle aangesluit vir ʼn ernstige “jam-sessie”). Dié groep se hoofsanger Allison Hoskins het ʼn baie roerende gedig oor identiteit in Afrika voorgedra.
Me Ellen Tise, Senior Direkteur: Biblioteek en Inligtingsdiens, het die geleentheid geopen en verduidelik dat die geleentheid deur die loodsing van die J.S. Gericke se nuwe Leersentrum en Carnegie Navorsingsruimte geïnspireer is.
“Ons glo ’n lewendige en funky omgewing is stimulerend en inspirerend en maak ’n groot bydrae tot die akademiese proses. In pas met die nuwe styl van biblioteekdienste wat ons probeer skep, het ons besluit om ons feesvierings ook meer hip te maak,” het Tise gesê
Deur die Universiteit se kernfunksies – naamlik onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie – ten volle te benut, poog die HOOP Projek om volhoubare oplossings vir van Suid-Afrika en Afrika se grootste uitdagings te skep. Dít word deur wat US Rektor en Visekanselier Russel Botman ʼn “wetenskap-vir-ʼn-beter-wêreld-benadering” noem, bereik.
Simoné Nortmann, HOOP Projek Skakel en Studenteraad (SR) lid vir Leierskapontwikkeling, sê dat die HOOP Week en die HOOP Projek poog om elke faset van die Universiteit te betrek en dat Hoop Inspireer – Rap, Poetry & jazz as platform die wat studente en die J.S. Gericke Biblioteek betrek.
|
| “Dit is met groot waardering dat ek vanaand kan aankondig dat sedert 2007, die Universiteit baie amper twee miljard rand in donasies, toewysings, navorsingskontrakte en borgskappe ontvang het. Dit maak die HOOP Projek ongetwyfeld Afrika se grootste hoëronderwys fondsverwerwingsveldtog.”
Dit is die woorde van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) aan gaste wat ʼn vieringsgeleentheid van die suksesse van die HOOP Projek Woensdagaand (11 April 2012) bygewoon het. Die gala-geleentheid, gehou in die Konservatorium en bygewoon deur sake- en gemeenskapsleiers, donateurs, personeel en studente, vorm die hoogtepunt van HOOP Week, ʼn week waarin die suksesse van die HOOP Projek kampuswyd gevier word.
Woensdagoggend het prof Botman die media in Kaapstad toegespreek en oor die middaguur personeel van die Universiteit.
In sy toespraak het prof Botman gesê dat die feit dat die oorspronklike doelwit van R1,75 miljard oortref is, merkwaardig is aangesien dit plaasgevind het in tyd wat oorheers word deur die ekonomiese afswaai wêreldwyd en krimpende subsidies vir hoëronderwys . “Dit spreek van die krag van hoop – dat ons die buitengewone kan behaal deur te reik na dit wat buite die gewone is.”
Hy het instansies en individue bedank – onder meer die Suid-Afrikaanse regering, die Stellenbosch Trust, die Stellenbosch University SA Foundation in die Verenigde Koninkryk en die Friends of the University of Stellenbosch Foundation in die VSA, die US Raad, groot internasionale filantropiese stigtings, korporatiewe skenkers, individue, hulle wat geld nalaat aan die US en alumni.
“ʼn Rekordgetal van 14 mense het elk meer as R1 miljoen geskenk; maar oor net die twee laaste jaar was daar 2 464 individuele skenkers, wat beteken dat elke bedrag tel, wat ookal die bedrag,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat alumni geneig is om aan ʼn baie belangrike behoefte te voldoen, “...en dit is om aan behoeftige studente dieselfde geleenthede te bied as wat hulle gehad het. Verlede jaar het 40% van ons studente beursondersteuning van die US geniet.”
Kwantumspronge
“Soos wat ek terugkyk oor my eerste termyn, is ek baie dankbaar vir die ondersteuning wat ons tot op hierdie punt gebring het, maar deur op die skouers van reuse te staan, kan ons sien wat die uitdagings is wat vir ons voorlê. Vir die volgende generasie gaan ons die bul by die horings moet pak rakende die uitdagings van die 21ste eeu. En die uitdaging van volhoubaarheid gaan kwantumspronge in ons denke verg. In die 21ste eeu gaan ernstige aandag daaraan geskenk moet word om die skade wat in die 20ste eeu aangerig is, te herstel. Energiebesparing, watersekerheid en klimaatsverandering gaan die aandag moet geniet van ons beste akademici en navorsers.
“Die kwantumuitdaging wat ons in die gesig staar het ook te make met die verdere ontwikkeling van die Universiteit. Ons geboue sal aangepas moet word om meer volhoubaar te word. Nuwe, volhoubare 21ste eeuse geboue sal moet verrys op ons kampusse.
Prof Botman het dit ook gestel dat die Universiteit se koolstofvoetspoor verklein moet word. “Die aantal motors sal moet verminder; meer mense sal te voet en op fietse moet rondbeweeg.” Dit gaan beteken dat ons sterk vennootskappe sal moet sluit met maatskappye in ons dorp, land en die wêreld; maatskappye wat volhoubaarheid deel van hul eie waardes, karakter en handelsmerke gemaak het. Volhoubaarheid gaan ons handelsmerk moet word en ons sal sterker bande moet smee met ander wat hierdie selfde handelsmerk het.”
In sy toespraak het prof Botman ook gesê dat die gesprek oor Stellenbosch verander het. “Dit het ons gedoen deur ons kernaktiwiteite te fokus op die internasionale ontwikkelingsagenda,” en “dit is te danke aan die insette van die mense van hierdie instelling dat ons nou in ʼn ander liga speel,” het hy gesê.
In hierdie verband het hy daarop gewys dat Stellenbosch die kontinent se nommer een navorsingsuniversitei is – dit het die meeste geweegde navorsingsuitsette per voltyds-ekwivalente akademiese personeellid van al die universiteite in Suid-Afrika.
“Die US het ʼn uitgestrekte netwerk van internasionale akademiese samerwerking,” het hy bygevoeg. “Ons het ooreenkomste in plek met nagenoeg 200 universiteite. In Afrika het ons 122 aktiewe gesamentlike projekte in 36 Afrikalande. Hieraan werk 132 Afrika instelling en 363 vennote mee.
“Dit is met trots dat ek kan sê dat die US – via die HOOP Projek – ʼn vennoot is in hierdie ontwikkelings. Ons dra relevante kennis van Afrika by om hierdie eeu die eeu van Afrika te maak. Dit is deur samewerking met ander voorste Afrika universiteite dat ons ons posisie as ʼn voorkeur Afrika kennis-instelling verstewig.”
- Lees prof Botman se toespraak hier.
- Kliek hier vir meer inligting oor HOOP Week.
- Vir meer inligting oor die suksesse van die HOOP Projek, lees die HOOP Nuus II hier.
|
| Dit is die harde werk van personeel – akademici en steundienspersoneel – wat tot die suksesse van die Universiteit Stellenbosch (US) se HOOP Projek gelei het. “En daarvoor moet ek vir julle bedank,” het prof Russel Botman, US Rektor, Woensdag (11 April) gesê tydens ’n geleentheid waar personeel onthaal is ter viering van die HOOP Projek se suksesse.
Meer as 250 personeellede het die geleentheid in die amfiteater van die Konservatorium bygewoon wat die eerste van ’n reeks HOOP-vieringsgeleenthede is wat tot 19 April gehou word. Personeel van die Militêre Akademie, Bellvillepark-kampus en die Tygerberg-kampus het ook geleentheid via "live streaming" gevolg.
Personeel is getrakteer op sap en boereworsrolletjies, terwyl 'n musiekgroep verbonde aan die Konservatorium hulle vermaak het.
Prof Botman het reeds in 2007 idees rondom die HOOP Projek in plek begin sit, en dit is in Julie 2010 amptelik van stapel gestuur. "Dit was in slegte ekonomiese tye waarin ek mense om geld moes vra, maar ek kon uit julle verslae en navorsing aanhaal om te vertel dat die US uitnemendheid, toegewydheid en integriteit na die tafel bring. Dít is die stories wat ons tot hier gebring het. In plaas daarvan dat tjekboeke toegegaan het, het dit oopgegaan. Dit is te danke aan julle werk dat mense regoor die wêreld oor die US praat."
Hy het bekendgemaak dat die HOOP Projek sedert sy bekendstelling sy teiken om R1,75 miljard in te samel verbygesteek het. Meer as 14 individue het ook R1 miljoen uit hul eie sak gehaal om aan die US te skenk.
Van die akademiese suksesse van die HOOP Projek wat prof Botman met die gehoor gedeel het, was dat daar ’n totaal van 186 meestersgrade en 42 doktorsgrade verwerf is in slegs vier van die sowat 30 HOOP-inisiatiewe.
"Vanjaar alleen word verwag dat 31 doktorale kandidate wat deur die Afrika- Doktorale Akademie (ook ’n HOOP-inisiatief) gewerf is, hul grade sal ontvang."
Prof Botman het klem daarop gelê dat die US nou ’n instelling is wat na die toekoms kyk en ook studente oplewer wat op die toekoms gerig is. "Mense wat aan die toekoms dink, sal vertrou word. Ons kan nie net vir onsself werk nie, maar moet ook vir ’n volgende geslag werk. Die US gee leierskap oor hoe om (oor die toekoms) te dink," het hy gesê.
Een van die grootste uitdagings vir die US, aldus prof Botman, is om ons diversiteit te verbeter. Dit is een van die Universiteit se strategiese doelwitte, wat ook insluit om die US se kundigheidsbasis uit te brei en studentesukses te bevorder. “Ons moet die beste studente oplewer wat innoveerders word. Ons moet nie net werkers oplei nie, maar ook werkskeppers.”
Volhoubaarheid is ook ’n sterk strategiese doelwit. "Daarom is ek nou uitgedaag om my parkering vir 'n maand op te gee. (Lootjies word tans by Admin B verkoop aan studente en personeel wat graag sy parkeerplek wil wen.) Ek sal dan met die pendelbussie of fiets ry en stap ter ondersteuning van volhoubaarheid. Dít is die wysheid van die volgende generasie," het prof Botman gesê.
Personeel en studente van die FGW het suksesse van die HOOP-projek tydens ‘n gesamentlike etensuur byeenkoms in die Tygerberg Studentesentrum gevier.
Die geleentheid het afgeskop met studente en personeel wat hulle handafdrukke op ‘n banier met die HOOP-embleem gemaak het as teken van hulle ondersteuning van die spesiale inisiatief van Prof Russel Botman.
Volgens me Jo-Ann Bate, Tygerberg Studenteraadlid vir gemeenskapsinteraksie, is bewusmaking bevorder deurdat studente aan die viering kon deelneem. "Studente is die geleentheid gebied om op ‘n ander en meer interaktiewe vlak deel van die HOOP-projek te word," het sy gesê.
- Onderskrif: Personeel van die Fakulteit AgriWetenskappe was in groen getooi vir die funksie.
|
| Studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het die HOOP Week vieringe op Dinsdag, 10 April, afgeskop met boodskappe van hoop geskryf op swartborde by die Rooiplein op die Stellenbosch-kampus.
Die Universiteit self, verskeie van die akademiese inisiatiewe onder die HOOP Projek-vaandel én Matie-studente sal verskeie ander vieringsgeleenthede oor die volgende paar dae aanbied as deel van HOOP Week.
Verbygangers is gevra om 'n boodskap van hoop op die swartborde te skryf of om die sin te voltooi, "Ek hoop om eendag ..." Boodskappe het gewissel van ernstige aspirasies - "Om 'n verskil te maak," "Bekend te wees," "Om 'n boek te publiseer," "Renosters te red," tot filosofies - "Hoop is om te glo en om te glo is om te streef na iets besonders," en ook snaaks - "Dat Miley Cyrus my meisie word.".
Volgens Kai Howie, deel van die Studenteraad (SR) komitee wat Dinsdag se HOOP-viering aktiwiteit gereël het, is die idee om bewustheid van die Universiteit se HOOP Projek te skep en om studente te laat nadink oor wat hoop is. Die HOOP Projek, in Julie 2010 van stapel gestuur, is ʼn kampuswye inisiatief waardeur die Universiteit sy onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie inspan om volhoubare oplossings te vind vir sommige van Suid-Afrika en Afrika se strafste uitdagings.
"Sedert die bekendstelling van die HOOP Projek in 2010 het ons akademiese inisiatiewe wye erkenning geniet; ons prestasies en kundigheid is opgeteken in wetenskaplike en populêre media, en ons sien reeds die tasbare verskil wat die HOOP Projek in gemeenskappe maak deur ons wetenskap-vir-ʼn-beter-wêreld-benadering," sê prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier.
Die internet entrepreneur en waagkapitaal spesialis en ontvanger van ʼn eregraad van die US, Roelof Botha, spreek die publiek, personeel en studente op Dinsdag 10 April toe. Op Woensdag 11 April is daar ʼn geleentheid vir personeel om in die etensuur na uitstallings van die HOOP-inisiatiewe in die Konservatorium te kyk. Prof Botman sal by dié geleentheid as spreker optree. Woensdagaand sal prof Botman by 'n gala-geleentheid die volgende fase van die HOOP Projek toelig.
- Onderskrif: Tweedejaar BSc student, Kelvin Mpofu, skryf sy boodskap. (Foto: Sonika Lamprecht)
|
View in Web Browser /hoop/blog/_layouts/VisioWebAccess/VisioWebAccess.aspx?listguid={ListId}&itemid={ItemId}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType vdw 255 Manage Subscriptions /_layouts/images/ReportServer/Manage_Subscription.gif /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ManageSubscriptions.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x80 0x0 FileType rdl 350 Manage Data Sources /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DataSourceList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType rdl 351 Manage Shared Datasets /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DatasetList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType rdl 352 Manage Parameters /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ParameterList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 353 Manage Processing Options /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ReportExecution.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 354 Manage Cache Refresh Plans /hoop/blog/_layouts/ReportServer/CacheRefreshPlanList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 355 View Report History /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ReportHistory.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x40 FileType rdl 356 View Dependent Items /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DependentItems.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsds 350 Edit Data Source Definition /hoop/blog/_layouts/ReportServer/SharedDataSource.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsds 351 View Dependent Items /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DependentItems.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType smdl 350 Manage Clickthrough Reports /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ModelClickThrough.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType smdl 352 Manage Model Item Security /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ModelItemSecurity.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x2000000 FileType smdl 353 Regenerate Model /hoop/blog/_layouts/ReportServer/GenerateModel.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType smdl 354 Manage Data Sources /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DataSourceList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType smdl 351 Load in Report Builder /hoop/blog/_layouts/ReportServer/RSAction.aspx?RSAction=ReportBuilderModelContext&list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x2 FileType smdl 250 Edit in Report Builder /_layouts/images/ReportServer/EditReport.gif /hoop/blog/_layouts/ReportServer/RSAction.aspx?RSAction=ReportBuilderReportContext&list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 250 Edit in Report Builder /hoop/blog/_layouts/ReportServer/RSAction.aspx?RSAction=ReportBuilderDatasetContext&list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsd 250 Manage Caching Options /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DatasetCachingOptions.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsd 350 Manage Cache Refresh Plans /hoop/blog/_layouts/ReportServer/CacheRefreshPlanList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId}&IsDataset=true 0x0 0x4 FileType rsd 351 Manage Data Sources /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DataSourceList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType rsd 352 View Dependent Items /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DependentItems.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsd 353 Compliance Details javascript:commonShowModalDialog('{SiteUrl}/_layouts/itemexpiration.aspx?ID={ItemId}&List={ListId}', 'center:1;dialogHeight:500px;dialogWidth:500px;resizable:yes;status:no;location:no;menubar:no;help:no', function GotoPageAfterClose(pageid){if(pageid == 'hold') {STSNavigate(unescape(decodeURI('{SiteUrl}'))+'/_layouts/hold.aspx?ID={ItemId}&List={ListId}'); return false;} if(pageid == 'audit') {STSNavigate(unescape(decodeURI('{SiteUrl}'))+'/_layouts/Reporting.aspx?Category=Auditing&backtype=item&ID={ItemId}&List={ListId}'); return false;} if(pageid == 'config') {STSNavigate(unescape(decodeURI('{SiteUrl}'))+'/_layouts/expirationconfig.aspx?ID={ItemId}&List={ListId}'); return false;}}, null); return false; 0x0 0x1 ContentType 0x01 898 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XsnLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 FileType xsn 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document.2 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document.3 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document.4 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType xlsx 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType xlsm 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType xlsb 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType ods 255 |
|
|
|
|
|
|
Welcome to SharePoint Blogs. Use this space to provide a brief message about this blog or blog authors. To edit this content, select "Edit Page" from the "Site Actions" menu.
|
|
|
View in Web Browser /hoop/blog/_layouts/VisioWebAccess/VisioWebAccess.aspx?listguid={ListId}&itemid={ItemId}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType vdw 255 Manage Subscriptions /_layouts/images/ReportServer/Manage_Subscription.gif /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ManageSubscriptions.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x80 0x0 FileType rdl 350 Manage Data Sources /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DataSourceList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType rdl 351 Manage Shared Datasets /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DatasetList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType rdl 352 Manage Parameters /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ParameterList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 353 Manage Processing Options /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ReportExecution.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 354 Manage Cache Refresh Plans /hoop/blog/_layouts/ReportServer/CacheRefreshPlanList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 355 View Report History /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ReportHistory.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x40 FileType rdl 356 View Dependent Items /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DependentItems.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsds 350 Edit Data Source Definition /hoop/blog/_layouts/ReportServer/SharedDataSource.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsds 351 View Dependent Items /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DependentItems.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType smdl 350 Manage Clickthrough Reports /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ModelClickThrough.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType smdl 352 Manage Model Item Security /hoop/blog/_layouts/ReportServer/ModelItemSecurity.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x2000000 FileType smdl 353 Regenerate Model /hoop/blog/_layouts/ReportServer/GenerateModel.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType smdl 354 Manage Data Sources /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DataSourceList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType smdl 351 Load in Report Builder /hoop/blog/_layouts/ReportServer/RSAction.aspx?RSAction=ReportBuilderModelContext&list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x2 FileType smdl 250 Edit in Report Builder /_layouts/images/ReportServer/EditReport.gif /hoop/blog/_layouts/ReportServer/RSAction.aspx?RSAction=ReportBuilderReportContext&list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rdl 250 Edit in Report Builder /hoop/blog/_layouts/ReportServer/RSAction.aspx?RSAction=ReportBuilderDatasetContext&list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsd 250 Manage Caching Options /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DatasetCachingOptions.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsd 350 Manage Cache Refresh Plans /hoop/blog/_layouts/ReportServer/CacheRefreshPlanList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId}&IsDataset=true 0x0 0x4 FileType rsd 351 Manage Data Sources /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DataSourceList.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x20 FileType rsd 352 View Dependent Items /hoop/blog/_layouts/ReportServer/DependentItems.aspx?list={ListId}&ID={ItemId} 0x0 0x4 FileType rsd 353 Compliance Details javascript:commonShowModalDialog('{SiteUrl}/_layouts/itemexpiration.aspx?ID={ItemId}&List={ListId}', 'center:1;dialogHeight:500px;dialogWidth:500px;resizable:yes;status:no;location:no;menubar:no;help:no', function GotoPageAfterClose(pageid){if(pageid == 'hold') {STSNavigate(unescape(decodeURI('{SiteUrl}'))+'/_layouts/hold.aspx?ID={ItemId}&List={ListId}'); return false;} if(pageid == 'audit') {STSNavigate(unescape(decodeURI('{SiteUrl}'))+'/_layouts/Reporting.aspx?Category=Auditing&backtype=item&ID={ItemId}&List={ListId}'); return false;} if(pageid == 'config') {STSNavigate(unescape(decodeURI('{SiteUrl}'))+'/_layouts/expirationconfig.aspx?ID={ItemId}&List={ListId}'); return false;}}, null); return false; 0x0 0x1 ContentType 0x01 898 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XsnLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 FileType xsn 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document.2 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document.3 255 Edit in Browser /_layouts/images/icxddoc.gif /hoop/blog/_layouts/formserver.aspx?XmlLocation={ItemUrl}&OpenIn=Browser&Source={Source} 0x0 0x1 ProgId InfoPath.Document.4 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType xlsx 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType xlsm 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType xlsb 255 View in Browser /hoop/blog/_layouts/xlviewer.aspx?id={ItemUrl}&DefaultItemOpen=1 0x0 0x1 FileType ods 255 |
|
|