US Beheer en Bestuur
Page Image
Page Content
Universiteit Stellenbosch Beheer en Bestuur
Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot die beginsels van dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid, aanspreeklikheid, verantwoordelikheid, billikheid en maatskaplike verantwoordelikheid, soos vervat in die King II-verslae oor Korporatiewe Bestuur.
Die Raad verseker dat die Universiteit op ’n verantwoordelike en deursigtige manier bestuur word. Die volgende strukture is op die been gebring om te verseker dat die Universiteit se verpligtinge nagekom word:
Uitvoerende Komitee van die Raad – moniterings- en beheerfunksie, keur jaarlikse bedryfs- en kapitaalbegrotings goed, beheer vordering en resultate, verseker finansiële gegrondheid.
Oudit- en Risikokomitee van die Raad – onder opsig van interne en eksterne ouditeure, verantwoordelik vir: beveiliging van bates; bedryf van geskikte stelsels van interne kontrole; risikobestuur en risikobeheermaatreëls; interne en eksterne oudits; nakoming van die wet; rekeningkundige beleid; finansiële verslagdoening; grondige kontantvloei-bestuur vertikaal oor die instelling heen; en instandhouding van die Universiteit as ’n lopende saak.
Menslikehulpbron-komitee van die Raad – verantwoordelik vir die oorweging van kwessies rakende personeelvergoeding en byvoordele; aanbevelings oor algemene personeelbeleid, dienskontrakte, pensioenfonds, bonusse, raamwerke vir prestasiebeoordeling, aanstellings, en bevordering van senior bestuurslede.
Inisiatiewe van Projek Hoop word deur streng finansiële kontrole en kontantvloeibestuur bestuur en is onderworpe aan kwartaallikse of halfjaarlikse prestasiemeting en verslagdoening.
Alle skenkings word volgens streng finansiële regulasies geouditeer en geprosesseer.