Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In
Weldoeners van Hoop

Terwyl die Universiteit Stellenbosch die beduidende suksesse van die HOOP Projek vier, erken ons in die besonder graag die rol van ons borge, ons skenkers, ons alumni en die regering wat ons help om HOOP ’n werklikheid te maak.

Daar is alumni en ander individue wat klein, gereelde skenkings maak, waaruit groot skenkings groei. Daar is diegene wat in 'n posisie is om groot skenkings te maak en hul grootmoedigheid om so te doen, demonstreer. Daar is dié wat hul toegewydheid deur erflatings wys en so vandag saam met ons is. Ons waardeer hierdie bydraes en vennootskappe opreg.
 
Ons ontvang ook befondsing en ondersteuning van 'n verskeidenheid plaaslike en internasionale instellings. In 2011 het meer as 450 korporasies, trusts en stigtings die Universiteit Stellenbosch met altesaam R164,9 miljoen ondersteun.
 
Ons huldig al hierdie bydraes en bedank al ons skenkers vir hul vennootskap en hul vertroue in die Universiteit se kapasiteit om 'n verskil te maak. Saam kan ons armoede beveg; gesondheid, menswaardigheid en demokrasie bevorder; vrede en sekuriteit skep, en volhoubare omgewings en mededingende nywerhede verseker.
 
Om al die skenkersverslae sedert 2007 te lees (die inhuldiging van Prof H. Russel Botman en die aanvang van dit wat die HOOP Projek sou raak), kies asseblief 'n jaar op die tydlyn hieronder: