Finansiële Teikens
Page Image
Page Content
Finansiële Teikens
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het ’n bedrag van R320 miljoen vir die finansiering van die Universiteit se nuwe rigting goedgekeur. ’n Deel van hierdie geld is toegewys as oprigtingsbefondsing vir die implementering van die inisiatiewe van die onderskeie fakulteite en steundienste.
Ons benodig egter aansienlik meer fondse om ons visie te realiseer, en daarom sal die Universiteit poog om ’n verdere minimum bedrag van R1,75 miljard in te samel. Hierdie bedrag sal as volg aangewend word:
- Akademiese inisiatiewe: R450 miljoen
- Personeelsukses (met inbegrip van leerstoele): R225 miljoen
- Studentesukses (met inbegrip van beurse): R225 miljoen
- Fasiliteite: R850 miljoen