Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In
Oor HOOP Projek

Ware bouers van hoop

By die Universiteit Stellenbosch glo ons dat ons ware bouers van hoop op die Afrika-vasteland is, dat ons gereed is om nuwe paaie deur ons strategie van wetenskap vir die samelewing te baan en dat ons sommige van die wêreld se grootste uitdagings kan aanpak deur ons vaardighede en kundigheid tot die diens van die mensdom aan te wend. Ons glo dat ons hoop in aksie kan omvorm.

Die Universiteit se HOOP Projek kan opgesom word as wêreldgehalte navorsing oor plaaslike, streeks- en Afrikakwessies in ultramoderne fasiliteite met die voorste kundigheid om die beste geleenthede te skep vir onderrig en leer, en die ontwikkeling van 'n nuwe generasie denkleiers.

 

Die oogmerk is om die Universiteit as 'n voorloperinstansie van die 21ste eeu te verskans. Die Universiteit se drie kernfunksies - onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie - stut die HOOP Projek.

 

Deur die HOOP Projek ondersteun die Universiteit die internasionale ontwikkelingsagenda deur van sy akademiese en navorsingsprogramme  te fokus op:
  • Die uitwissing van armoede en verwante toestande
  • Die bevordering van menswaardigheid en gesondheid
  • Die bevordering van demokrasie en menseregte
  • Die bevordering van vrede en veiligheid
  • Die bevordering van ’n volhoubare omgewing en ’n kompeterende nywerheid
Die Universiteit ondersteun hierdie ontwikkelingstemas deur 'n verskeidenheid akademiese inisiatiewe wat deur akademici en navorsers voorgelê is. Hierdie inisiatiewe dien as voertuig vir innoverende onderrig en leer, die toepassing van nuwe kennis en om die grense van wetenskap gebaseerde gemeenskapsbetrokkenheid te versit.
 
 
Hoop boekie_Transforming_PRINT_low res.pdfHoop boekie_Transforming_PRINT_low res.pdf