Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In
Visie 2015

Visie 2015

Dit is ons visie vir die US om internasionaal erken te word vir ons baanbrekersnavorsing en as ’n voorkeurinstelling vir hoër onderwys onder Suid-Afrikaanse en internasionale studente. Die Universiteit sal ’n belangrike rol speel om maatskaplike en omgewingsuitdagings die hoof te bied, plaaslik, in die streek en internasionaal. Ons studente wat ontwikkel sal word vir die globale kennisekonomie en om as agente van verandering in hul gemeenskappe op te tree, sal gesog wees onder werkgewers.

 
As 'n instelling van die 21ste eeu wil die Universiteit Stellenbosch teen 2015 die volgende doelwitte bereik:
  • Nuwe en toekomsgerigte nisareas in die wetenskap vestig;
  • 'n Baanbreker wees in tegnologie-gedrewe onderrig en leer en navorsing;
  • 'n Nuwe generasie van akademici ontwikkel wat toegerus is om die uitdagings van 'n toekomstige kennisekonomie aan te pak;
  • Nuwe generasies gegradueerdes oplei wat aanpasbaar is by toekomstige loopbane;
  • Ontwikkelingsgedrewe gemeenskapsinteraksie vestig;
  • Volhoubare wetenskaplike oplossings vind vir Afrika se uitdagings.

 

 

 Verwante dokumente