Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In
Hoop Projek

Ware bouers van hoop

By die Universiteit Stellenbosch glo ons dat ons ware bouers van hoop op die Afrika-vasteland is, dat ons gereed is om nuwe paaie deur ons strategie van wetenskap vir die samelewing te baan en dat ons sommige van die wêreld se grootste uitdagings kan aanpak deur ons vaardighede en kundigheid tot die diens van die mensdom aan te wend. Ons glo dat ons hoop in aksie kan omvorm.Om hierdie rede het die Universiteit homself geposisioneer as ’n bouer van hoop deur sy kernaktiwiteite met die volgende ontwikkelingstemas, geskoei op die internasionale Millennium Ontwikkelingsdoelwitte,  te belyn:

  • Die uitwissing van armoede en verwante toestande
  • Die bevordering van menswaardigheid en gesondheid
  • Die bevordering van demokrasie en menseregte
  • Die bevordering van vrede en veiligheid
  • Die bevordering van ’n volhoubare omgewing en ’n kompeterende nywerheid
Die Universiteit het besluit om al sy werksaamhede met betrekking tot hierdie ontwikkelingstemas – navorsing, onderrig en leer, en gemeenskapsinteraksie – uit te voer. Die resultaat is die formulering van ’n stel visioenêre akademiese inisiatiewe met ’n fokus op hierdie ontwikkelingstemas, wat onder andere die volgende onderwerpe dek: die sosiaal-ekonomiese regte van die behoeftiges onder ons grondwetlike bedeling; die gebruik van geografiese inligtingstegnologieë vir die ontwikkeling van Afrika; hernubare en volhoubare energieverskaffing aan ontwikkelende streke; voedselsekuriteit in Suider-Afrika; landelike gesondheid en ontwikkeling; menswaardigheid; en indringerbiologie en omgewingsvolhoubaarheid.
 
Ons noem hierdie aksie die Hoop Projek.