Page Content
Inisiatiewe ter ondersteuning van ʼn bevorderlike omgewing
Behalwe die akademiese inisiatiewe wat tot dusver genoem is, is daar ook ander veelfokus-inisiatiewe (oor verskillende fakulteite, kundigheidsgebiede en ontwikkelingstemas heen) wat ʼn bevorderlike akademiese en navorsingsomgewing help skep om tot die HOOP-projek se sukses by te dra.
Dit sluit die volgende inisiatiewe in:
- Toegang tot elektroniese hulpbronne: studentesukses en navorsingsteun
- Sentrum vir Kompleksiteitstudies
- Skool vir Nagraadse Navorsing (wat die Afrika Doktorale Akademie en samewerking met PANGeA, die Vennootskap vir Afrika se Volgende Generasie Akademici, insluit)
- Virtuele nagraadse leersteunprojek