Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In

Strategiese Doelwitte

Vir die Universiteit Stellenbosch (US) om sy hoë standaard van akademiese en navorsingsuitnemendheid te behou en sy plek as ʼn relevante tersiêre instelling van die 21ste eeu te verseker, is bepaalde strategiese doelwitte na die bopunt van die prioriteitslys verskuif.

Die Universiteit kan slegs sukses behaal indien geleenthede geskep word om personeelsukses en studentesukses te verseker.

ʼn Verdere voorvereiste vir ʼn instelling wat voorloperwetenskap en -tegnologie tot diens van die samelewing stel en die beste kundigheid en studente wil lok, is ultramoderne fasiliteite en tegnologie.