Page Content
Akademiese Inisiatiewe
Die US het vyf temas van die internasionale Millenniumontwikkelingsdoelwitte gekies waarna hy sy missie en visie kon skik om só ʼn omvattender sinergie tussen hoër onderwys aan die een kant, en ontwikkeling en ekonomiese groei aan die ander kant teweeg te bring. Na aanleiding hiervan het die Universiteit hom voorgeneem om sy kundigheid aan te wend ten einde by te dra tot:
- die uitwissing van armoede en verwante toestande;
- die bevordering van menswaardigheid en menslike gesondheid;
- die bevordering van demokrasie en menseregte;
- die bevordering van vrede en veiligheid; en
- die bevordering van ʼn volhoubare omgewing en ʼn mededingende nywerheid.
Fakulteite is genooi om navorsingsvoorstelle te ontwikkel waardeur hulle hul kundigheid kan inspan om bogenoemde doelwitte te verwesenlik.
Gevolglik is meer as 20 visionêre akademiese inisiatiewe geformuleer wat op hierdie ontwikkelingstemas afgestem is.